Afrikaans

NUUS VIR DIE NUWE TORAH-SIKLUS

Ons begin ‘n nuwe siklus en poog om elke week ‘n nuwe lering te bring – iets vars en hopelik ook insiggewend. Terwyl dit anders mag klink op sekere ore, is dit geensins teenstrydig met wat ons vroeër geplaas het nie. Derhalwe los ons al die vorige leringe sodat elkeen dit mag bestudeer soos tyd toelaat. Ons nuwe leringe, met die teks, is hier beskikbaar.

Ons eie internet radiostasie, Silwer Trompet Radio, is aan die gang en kan hier gevind word. Die stasie is 24/7 bedrywig en saai in Engels en Afrikaans uit, maar ons belangrikste uitsendings vind plaas op Shabbat oggende. Die leringe word herhaal op Sondag- en Woensdagoggende. Die basiese skedule kan hier besigtig word. Soos ons mediateek groei, vertrou ons dat meer leraars ons deur hierdie laaste dae sal begelei. Indien jy enige leringe beskikbaar het of weet van iemand wat mag hê, kontak ons gerus.

Meeste besoekers op hierdie webwerf wat Engels magtig is, sal reeds weet waaroor dit gaan en om alles in Afrikaans te dupliseer is onnodig. Derhalwe plaas ons hier skakels en kort beskrywings van ander Afrikaans webwerwe waarvan ons bewus is waar mense dieselfde oortuigings het met suiwer Skriftuurlike leerstellings. Besoek hierdie webwerwe met die grootste vrymoedigheid en ondersteun hulle, waar moontlik.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL) is ‘n projek gebore uit ‘n roeping na waarheid in God se geskrewe Woord en die daaropvolgende soeke na die korrekte vertaling van die Woord van God. Dit vorm deel van die herstel van die Koninkryk van God op aarde. Saam met God se Voorsiening, herstel van Sy Outoriteit en die samekoms van gelowiges vorm dit die basis van PWL Projekte.

Ons het verskeie video’s beskikbaar op ons Youtube-kanaal. Besoek dit gerus en geniet! Ons is altyd oop vir opbouende voorstelle…

Verskeie Afrikaanse artikels wat deur die jare verskyn het, asook nuwe artikels of ouer artikels wat bygewerk word.

Terug na Tuisblad / Back to Home page

%d bloggers like this: