Artikels

Hierdie bladsy bevat verskeie artikels wat deur die afgelope klompie jare die lig gesien het. Indien enige probleme ondervind word om artikels af te laai, skakel gerus met ons.

Verskeie ander Afrikaanse artikels is ook beskikbaar op die Afrikaanse blad onder die bedieninge wat daar aangetoon word.

Gebede

Hierdie gebede is gegrond op gebede wat daagliks deur die Jode gebid word, die Amidah (staande gebed) en die Sh’ma (soos opgeteken in D’varim 9:4-9). Dit sluit ook die gebed in wat Yeshua vir Sy talmidim (volgelinge) geleer het en eintlik ‘n samevatting is van die Amidah. Dit kan ook dien as ‘n daaglikse belydenis.

Bestudeer Skrif volledig in een jaar

In ons strewe om God beter te leer ken, is dit nodig dat ons weet wie Hy werklik is en wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) beteken. Dit kan slegs gebeur deur ‘n intense studie van Skrif, die handleiding vir die mens. Hierdie leesplan is ‘n poging om Skrif binne een jaar volledig deur te lees. Die gedeelte uit Torah volg die huidige eenjaar-leesplan soos deur meeste gelowige Jode wêreldwyd gebruik word. Die titel van elke week se gedeelte word genoem volgens die eerste betekenisvolle woord van daardie gedeelte. Die gedeeltes uit die Nevi’im, K’tuvim en Apostolies Geskrifte is suiwer opgedeel in die hoeveelheid dae van die jaar, uitsluitend Shabbat. Elke Shabbat bevat spesifieke gedeeltes wat betrekking het op die gedeelte uit Torah. Ons het hierdie jaar se leesplan aangepas deur Nevi’im en K’tuvim te skei in afsonderlike leesgedeeltes. Die leesplan is beskikbaar met die oorspronklike Hebreeuse name of met die “ou” name soos in die 1953-vertaling.

God se Kalender

Dit is belangrik om te weet ons huidige wêreldse kalender is nie God se Kalender nie. Almal gebruik maar net hierdie heidense kalender om te verseker dat hulle nie ongelowiges se afsprake mis nie, maar God het Sy eie kalender opgestel en dit is belangrik dat ons daarvan weet. Lees meer oor die kalender van ons Skepper-God.

Vir beplanning en om te verseker ons mis nie enige van Vader se feesdae nie, is hier ‘n volledige, kleurvolle jaarkalender met Torah-gedeeltes en elke feesdag aangedui, asook leesstukke vir die Omertelling tussen Pesach en Shavu’ot en leesstukke vir Chanukkah. Die oorvleuelende maande aan die begin en einde is om kontinuïteit te bied van jaar tot jaar. Die kalender is gegrond op die maansiklus en elke bladsy kan gedruk en duidelik iewers vertoon word. Meer inligting is beskikbaar op die laaste twee bladsye.

Terug na Afrikaanse blad / Back to Afrikaans page

Terug na Tuisblad / Back to Home page

%d bloggers like this: